Print
PDF

Boland Literati April 2012

Beste bonsaiers,

Ons het 'n wenner!

 

Alex Rodewald (15) het by Oyama se Paas-skou ons klub baie gegee om trots op te wees. Hy het die derde plek verower in die strawwe Jong Ontwerpers-kompetisie en baie lof gekry. Dis die beloning vir harde werk, entoesiasme en baie geduld.

Die organiseerders sê die boom wat hy getrek het, sou niemand na sy asem laat snak het nie, maar hy het die beste van 'n slegte saak gemaak in die drie uur wat die deelnemers gekry het.

Om alles te kroon het die wenner, André Fortuin van Tygerberg Bonsai, daarna sy wenboom aan Alex gegee! Dis 'n pragtige gebaar wat 'n mens se hart sommer warm maak.

"André se goedhartige gebaar is 'n inspirasie vir ander. Dit word baie waardeer. Hy dwing bewondering af en is 'n skitterende bonsai-kunstenaar," sê Alex. Hy het ook Russ bedank wat hom vooraf touwys gemaak het. Russ se bydrae word deur almal baie waardeer. Op sy stil manier doen hy baie om jong talent aan te wakker.

Dankie ook aan Fritz wat Saterdag gehelp het om die senuwees by Kirstenbosch te kalmeer. Die tweede plek is verower deur Andrew Annandale van Oyama Bonsai Kai. Dit is die tweede keer dat hy die tweede plek behaal en hy reken hy gaan volgende jaar vir die derde plek omdat hy nie wil stagneer nie....

Die Louis Nel-versameling het toe in 'n militêre operasie - georkestreer deur sy skoonseun, Cornie Scheffer - van Pretoria aangekom. Diegene wat dit nou al gesien het, is gaande oor die kultuurskat wat nog duisende besoekers na Stellenbosch gaan lok.

Die operasie het nie sonder drama afgeloop nie. Cornie het ons telefonies uit Pretoria en van die O.R. Tambo-lughawe op hoogte gehou van waar die vragmotors is. By die botaniese tuin het Fritz, ek en 'n paar helpers solank plek gemaak vir die nuwe aankomelinge.

pdfRead the full newsletter here1.05 MB

Add comment


Security code
Refresh

Newsletter Submission

If you would like your club newsletter featured on Bonsai Tree and gain free exposure to a very targeted and interested audience then please contact me.